DA “Onsinnige” Optrede om Bejaardes te Beskerm

Hendrika Kruger

DA Gauteng Sosiale Ontwikkeling woordvoerder

Die brief “DA betrokke by onsinnige goed” Beeld 08/05/2012 het betrekking.

Ek wil graag die skrywer van die brief gerusstel dat ek en, daarom die Demokraties Alliansie, slegs die belange van die bejaarde inwoners van La-Reynette op die hart dra. Laat my toe om hierdie stelling toe te lig.

Die owerhede naamlik Sosiale Onwikkeling, Departement van Gesondheid en die Muniisipalitieit het opdrag gegee dat hierdie instansie moet sluit omdat daar nie aan die wetlike aspekte voldoen word nie.

Ek wil dit as DA lid onomtwonde stel dat ek die bestuur van La-Reynette bygestaan het om ‘n uitstelling op die kennisgewing te kry en om hulle te registreer om as ‘n gelissensieerde bejaardesorgsentrum te bedryf en sodoende te verseker dat die pasiente nie ontwrig moet word nie. Dit is immers teen die wet as die instansie nie geregistreer is nie, en die DA kan nie wetteloosheid goedpraat nie.

Die DA het besluit om verskillende rolspelers en geaffekteerde partye te help om aan ‘n oplossing vir hierdie probleem te werk. Om hierdie rede gaan vergaderings gehou word met raadslede, politieke strukture en NRO’s om die vorming van ‘n forum te fasiliteer om die nypende tekort aan geskikte behuising vir bejaardes in Mogale City aan te spreek.

Dit gaan vir ons oor die beskerming van die bejaardes en ander wat deur ongelissensieerde instansies versorg word en dan moonlik nie aan die standaard versorging voldoen nie.

Die DA bly verbind tot die beste sorg moontlik vir ons bejaardes en sal sonder verskoning aanhou veg vir hulle regte om te verseker hulle word nie uitgebuit nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *