Rolspelers Moet Saamwerk om Volstruisbedryf te Herstel

Mike Walters LPP   DA Wes-Kaap woordvoerder vir Landbou in die Wes-Kaapse Parlement   Die voëlgriepramp wat die volstruisbedryf getref het, het wydreikende ekonomiese gevolge. Die impak van die voortslepende teenwoordigheid van die H5N2-voëlgriepvirus het die volstruisbedryf op sy knieë gedwing. Sedert April verlede jaar is meer as 50 000 volstruise vernietig op plase in die Wes- en Oos-Kaap.

Suid-Afrika wat 70% van die wêreld se volstruisprodukbehoeftes voorsien het, het sy plek verloor as voorste produsent en uitvoerder van volstruisprodukte. Hierdie posisie moet herstel word voordat dit ? permanente agterstand word.

Bykans 740 volstruisplase, slaghuise, leerlooierye, veerverwerkingsaanlegte en 20,000 werksgeleenthede is reeds in gedrang as gevolg van die sporadiese teenwoordigheid van die H5N2-voëlgriepvirus. Alhoewel die regering boere tot ? mate finansieel vergoed word vir hul verliese aan voëls wat vernietig moes word, het die bedryf reeds meer as R1 miljard verloor. ‘n Regeringsverbod op die uitvoer van volstruisprodukte gaan nie opgehef word nie alvorens boere aan die nuutopgelegde gesondheid- en registrasievereistes voldoen en die gebied drie maande virusvry verklaar is. Plase moet egter herregistreer, water chlorideer, grensdrade opknap en toegangsbeheer toepas.Tans het hierdie boere slegs uitgawes en geen inkomste nie.

Die volstruisbedryf vrees dat die grootste uitdaging hulle oor ‘n jaar gaan tref wanneer volstruise vir die mark gereed moet wees. Daar sal dus opnuut na die bedryf en sy knelpunte gekyk moet word. Die volhoubaarheid van die bedryf sal deeglik ondersoek en oplossings vir die uitdagings gevind word.

Op die oomblik word feitlik alle volstruistroppe waar die H5N2-virus gevind is, vernietig. Derhalwe het van die boere die inisiatief geneem en begin om geprosesseerdevolstruisvleis uit te voer – teen40% van die oorspronklike uitvoerprys. Deur middel van ‘n verhittingsproses word alle virusse vernietig en isdie vleis dus veilig vir menslike gebruik.Die plaaslike mark vir volstruisvleis kan en moet nog grootliks uitgebrei word.

Die Demokratiese Alliansie plaas ekonomiese ontwikkeling, voedselsekerheid en werksgeleenthede bo-aan die lys van Suid-Afrika se prioriteite. Die volstruisbedryf is ? baie belangrike komponent van die Wes-Kaapse ekonomie. Dit is dus van kardinale belang dat dié bedryf deurdie nodige wetenskaplike navorsing en kundigheid ondersteun word. Dit sal herhalings van die huidige krisis voorkom en aan die vereistes van die Europese Unie voldoen.

Werkbare oplossings moet daargestel en geïmplementeer word.Groter ondersteuning aan navorsing is noodsaaklik, derhalwe sal groter veeartsenykundige kapasiteit geskep moet word. Beskikbare kundigheid moet gemobiliseer word om die probleme die hoof te bied om sodoende die volstruisbedryf in sy volle glorie te herstel.

? Beroep word gedoen op die Nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye om nog groter ondersteuning aan die bedryf te verleen, veral in hul interaksie met die Europese Unie. Volgehoue finansiële ondersteuning aan die volstruisbedryf is ook noodsaaklik om die bedryf in staat te stel om sy teelkuddes en produksievermoë in stand te hou.

Die beroep van die Wes-Kaapse provinsiale minister van landbou Gerrit van Rensburg het dat alle rolspelers in die bedryf om saam te werk om die voortbestaan van die volstruisbedryf in die breë te verseker, word ten sterkste ondersteun.Die volstruisbedryf kán terugveg om weer die ekonomiese slagaar van die Klein-Karoo te word. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *