Geestelike Gestremde Man In Aanhouding-Selle Verkrag

KAREN DE KOCK, LPW

DA NOORD-KAAP: WOORODVOEDER VAN GESONDHEID

‘n Geestelike gestremde man is in die aanhouding-selle van die Calvinia polisie stasie verkrag. Dit nadat die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid hulle voete sleep om geskikte versorgings fasiliteite in werking te stel.

Die DA het ‘n brief aan die LUR van Gesondheid, Mxolisa Soktasha, gerig om hom te waarsku dat sy departement meer betrokke raak as medepligte ten opsigte van afstootlike oortredings van die menslike regte van geestelike siek mense in die provinsie.

Geestelike gestremdes regoor die Noord-Kaap bly tans by hulle huise sonder geskikte versorgings fasiliteite terwyl die meerderheid van staatspasiënte in Kimberley in die gevangenis aangehou word as ‘n lang-termyn reëling. Dit is as gevolg daarvan dat die departement van gesondheid versuim het om geskikte tydelike voorsiening vir geestelike siek mense te maak terwyl die bouwerk van die Kimberley Hospitaal nog steeds nie voltooi is. Dit weens vertragings as gevolg van ‘n hofsaak rondom dié kontrak.

Daar is tans net 12 beddens vir staatspasiënte in die hele provinsie. Dit is by die Wes-Einde Hospitaal te Kimberley, sowat 11 uur se ry van Calvinia.

Die Calvinia man was gearresteer nadat sy gedrag by die huis wat hy met sy 86-jarige ma deel, buite beheer was. Die man ontvang medikasie vir sy geestelike siekte vanaf die plaaslike kliniek, maar daar is geen fasiliteite beskikbaar vir hom om geskikte versorging te kry nie. Hy was in die aanhouding-selle verkrag na sy arrestasie.

Die DA is tans besig om die familie te assisteer om ‘n aansoek te doen vir oorplasing na die Wes-Einde Hospitaal in Kimberley, maar dit is onwaarskynlik dat dit sal slaag aangesien daar ‘n massiewe waglys is.

Die departement moet onmiddelik voorsiening maak om die versorgings opsies vir geestelike siek mense uit te brei anders kan daar wetlike implikasies wees tydens soortgelyke tragedies.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *