Raak Ontslae Van Slegte Kontrakteers

ANDREW LOUW, LPW

DA NOORD-KAAP: PROVINSIALE LEIER

Die Demokratiese Alliansie is van mening dat die name van bou kontrakteurs wat huise van ‘n swak gehalte bou, blootgestel moet word asook op ‘n swartlys geplaas word sodat geen meer geld vermors kan word nie. Dit kom na openbarings dat herstelwerk ter waarde van R115 miljoen in die Noord-Kaap gedoen moet word as gevolg van swak vakmanskap ten opsigte van HOP-huise.

Die kwessie het aan die lig gekom gedurende ‘n onlangse portefuelje komitee vergadering by die wetgewer. Die Departement van Koöperatiewe Regering, Tradisionele Sake en Huisvesting het hul eerste kwartaalikse verslag aan wetgewerlede voorgelê. Die departement het Mier en Breipaal in Douglas genoem as voorbeelde waar diensverskaffers nie gedoen het waarvoor hulle betaal was nie.

Die departement moet ophou om skuld vir die verbrokkeling van HOP-huise op diensverskaffers te probeer afskuif. Die departement is verantwoordelik vir die bou van HOP-huise, maar die departement ignoreer die feit dat diensverskaffers deur die departement gekontrakteer word en dat diensverskaffers deur die departement verantwoordbaar gehou moet word.

Die kwaadaardige siklus van spandering, swak vakmanskap en herstelwerk moet eens en vir altyd gebreek word deur alle kontrakteers wat hieraan skuldig is, se name bloot te stel asook om hulle op die swartlys te plaas sodat hulle verhoed word om verdere kontrakte vir die die bou van staatshuise te kry.

Die DA neem kennis van die departement se uitlating dat die huise wat die afgelope ses jaar gebou was, goeie kwaliteit is en dat die departement daarop aandring dat projekete met die”National Home Builder Registration Council” geregistreer word.

Net tyd sal leer of dit wel so is. Intussen moet alle moontlike stappe geneem word om vir inwoners van die Noord-Kaap wie in haglike omstandighede in HOP-huise leef, asook die duisende mense wat nog wag op toegang tot behuisings geleenthede, te bewys dat die regering ernstig daaroor is om ontslae te raak van diensverskaffers wat staatsgeld wanspandeer. Die beste manier om dit te doen is om die behuising sisteem van slegte kontrakteurs te reinig en te verhoed dat verdere kontrakte aan hulle toegeken word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *