DA Wil Weet Oor Hospitaal Se Chirurgie Agterstand

KAREN DE KOCK, LPW

DA NOORD-KAAP: PROVINSIALE WOORDVOERDER VAN GESONDHEID

‘n Ontstellende verslag ten opsigte van ‘n te kort aan beddens by die Kimberley Hospitaal het die Demokratiese Alliansie aangespoor om ‘n verwante vraag aan die Noord-Kaapse LUR van Gesondheid, Mxolisa Sokatsha, te stel. Die DA wil weet wat die agterstand en wag periode is vir chirurgie vir verskeie interne mediese departemente asook die redes daarvoor.

Dit kom na ‘n bewering dat ‘n pasiënt wie blykbaar chirurgie op sy hand benodig het, van die hospital weggewys was omdat hy eers nommer 86 op die chirurgie se waglys was.

Die DA glo dat dié vertraging van chirurgie baie lyding kan veroorsaak. Pasiënte verdien meer as lang wagtery en gereelde kansellasies van operasies. Die DA wil weet wat die agterstand en wag tye is vir verskeie interne departemente insluitend urologie, oftalmologie, pediatrie, ginekologie, algemene chirurgie, ortopedie sowel as oor, neus en keel.

Die situasie by Kimberley Hospitaal blyk sleg te wees en benodig spesiale fokus. Elke poging moet aangewend word om te verseker dat die agterstand dringende aandag kry.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *