Gestremde entrepreneur moet deure toemaak

KAREN DE KOCK, LPW

DA NOORD-KAAP: PROVINSIALE WOORDVOEDER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE

Die Demokratises Alliansie is bekommerd dat Waldeck’s (‘n entrepreneur te Delportshoop wat dowe mense aanstel) sy deure sal moet toemaak omdat die Noord-Kaapse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling nie sy beloftes na gekom het nie.

Waldeck’s spesialiseer in sleepwaens en algemene sweiswerk en word deur Dawie Waldeck, wie ook doof is, bestuur. Hy het ander gehoor gestremdes opgelei en aangestel.

Blykbaar was die departement so beïndruk met dié projek dat hulle Mnr. Waldeck aangespoor het om aansoek te doen vir befondsing ter waarde van R1,5 miljoen. Mnr. Waldeck het alle nodige dokumente saam met sy aansoekvorm ingehandig en verdere kostes aangegaan om sy besigheid uit te brei, maar ongelukkig het hy nooit die befondsing ontvang nie.

Mnr.Waldeck het toe van sy pensioen geld in die besigheid belê net om kop bo water te probeer hou, maar tenspyte hiervan maak hy nou sy deure toe weens skuld. Vier dowe mense is nou hul werk kwyt, een wie sy meubels moes verkoop het net sodat hy kos op die tafel kan sit.

Om die gestremde mense so in die verleentheid te stel, is onaanvaarbaar. Ek het eerstehands die pyn en lyding van dié mense gesien, maar ek het ook gesien dat hulle die moed en vasberadenheid het om te oorwin. Die gemeenskap van Delportshoop wat hulle bystaan, is ook ‘n riem onder die hart. Daar is nog hoop as barmhartigheid met praktiese opheffings gekombineer word.

Die DA ondersteun ‘n toegangklike maatskaplike veiligheidsnet vir mense met gestremdhede en ons gee ons goedkeuring vir teikens ten opsigte van aanstellings, ontwikkeling van vaardighede en die verkryging vanaf gestremdes. Die DA het op verskillende geleenthede die belangrikheid van entrepreneurskap en die nood om die rooi tapyt inplaas van “red tape” vir klein en gemiddelde besighede uit te rol, beklemtoon.

Dit is inderdaad baie hartseer om te sien hoe mense se ondernemerskapgees gebreek word, nog meer wanneer dit mense met gestremdhede is. Die DA sal probeer om fondse te verwerf om die Waldecks oop te hou. Ons sal ook vra dat die departement redes verskaf vir hulle onvoldoende beloftes en die tragiese gevolge daarvan.

Please share this...Email this to someonePrint this pageDigg thisShare on StumbleUponShare on RedditShare on TumblrShare on LinkedInShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on Facebook
This entry was posted in Uncategorized by Admin. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *