Huis Vir Ses Jaar Onvoltooi

Raadslid Petro Willems

‘n Enkel ouer en moeder van vier wag nog steeds dat die huis op Garies wat omtrent ses (6) jaar gelede tydens die regering se 500 Familie Program aan haar toegeken is, voltooi moet word.

Daar was egter met haar gekommunikeer deur die gemeenskapontwikkelingswerker, mnr Jacques Maarman (CDW), wat baie nou betrokke was met die projek, dat die geld op is. Die DA is van mening dat dít hoogs onaanvaarbaar is, aangesien die volledige bedrag van ±R69 000 soos verneem, reeds toegeken is vir die voltooing van die huis.

Mnr Rudy Fielding, ‘n vriend van me Alletta Cloete, het genoem dat hy verskeie pogings ten opsigte van die voltooiing van die huis aangewend het. Onder andere het hy vroeg in die jaar ‘n vergadering met die plaaslike burgemeester, mnr Mervin Cloete, tesame met mnr Martin Besuidenhoudt van die Departement van Behuising bygewoon, maar daar het nog niks verder gebeur nie.

Berigte het die rondte gedoen dat die huis alreeds voltooi is en dat die eienaar alreeds die huis bewoon. Dit blyk dus dat daar grootskaalse bedrog en korrupsie plaasgevind het in die behuising sage.

Rudy Fieliding noem dat daar alreeds drie (3) kontrakteurs betrokke was by die bou van die huis, maar nog steeds staan dit vir die afgelope ±ses jaar. Daar word egter verneem dat die hoof van tegniese dienste van Kamiesberg munisipaliteit, mnr Ferdinand Links, ‘n dubbele betaling op die huis se dak gedoen het van R11000 elk, maar daar is niks van die dak te sien nie. Daar word wel verneem dat die dak op Gargams is en dat dit blykbaar verkeerdelik daar afgelewer is.

Intussen is ‘n koopbewys van R5000 gesoek waarvoor niemand kan antwoord gee nie. Mnr Rudy Fielding noem dat daar met hom gekommunikeer is dat die geld vir salarisse aangewend is deur die plaaslike munisipaliteit wat die fondse van die behuising geld bestuur het. Intussen sit die eienaar in sak en as oor die hele behuisingsdebakel. Sy het ook genoem dat sy ‘n skrywe gerig het aan die plaaslike munisipaliteit rakende die huis, maar het tot dusver nog geen terugvoering gekry terwyl twee (2) weke alreeds verstreke is.

Dit is ironies dat die vorige wyksraadslid en burgemeester ook by navraag vra wie die kontrakteur was van die huis, en dit laat vele vrae ontstaan. Die DA sal nie rus voordat die huis voltooi is nie en daar ‘n ondersoek geloods word ten opsigte van die half voltooide huis.

Please share this...Email this to someonePrint this pageDigg thisShare on StumbleUponShare on RedditShare on TumblrShare on LinkedInShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on Facebook

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *