Kragonderbrekings en dienslewering

ANDREW LOUW, LPW

DA NOORD-KAAP: PROVINSIALE LEIER

Sol Plaatje munisipaliteit is tans besig om die krag van wanbetalers, wie nie hulle rekening vir meer as 90 dae betaal het nie, te sny.

Die Demokratiese Alliansie stem daarmee saam dat mense wie versuim om hulle rekenings te betaal, nie die lewering van dienste behoort te verwag nie. Hierom bevraagteken ons hoekom ‘n groot kliek welgestelde politieke hoës en hul vriende hiermee weg kom?

Verder is dit een ding om te verwag dat mense vir dienste betaal en ‘n ander ding om te verwag dat die munisipaliteit dienste lewer. Wat tans gebeur volgens my persoonlike ervaring is dat ten spyte daarvan dat ek my rekening betaal, ontvang ek bittermin ten opsigte van dienslewering. Volgens die elektrisiteit afdeling van die munisipaliteit ontvang ek ‘n tussentydse lesing omdat my elektrisiteit meter lesing nie sedert 7 July 2011 gelees is nie. Dít is meer as ‘n jaar gelede en ek bevind dít onaanvaarbaar! Ek betwis nie dat ek vir die betaling van my rekening verantwoordelik is nie, maar ek is defnitief nie daarvoor verantwoordelik om elke maand te veseker dat die bedrag op my rekening met my meterlesing (wat buite my erf staan en waartoe ek geen toegang het nie) ooreenstem nie. Inteendeel betaal ek elke maand vir die munisipaliteit om my meter te lees!

As die munisipaliteit verwag dat mense vir dienste moet betaal, moet hulle ook goeie gehalte dienste lewer. Terwyl ek voortdurend sal betaal vir die elektrisiteit en ander dienste waarvan ek gebruik maak, is ek teleurgesteld met Sol Plaatje munisipaliteit en sy amptenare wie, ten spyte van die swak voorsiening van dienste nog steeds buitensporige verhogings kry. Sol Plaatje munisipaliteit moet sorg dat amptenare wat versuim om hul pligte na te kom, met meer geskikte personeel vervang word.

Ek stel voor dat as Sol Plaatje munisipaliteit nie die kapasiteit het om maandelikse meter lesings te doen nie, hulle dit oorweeg om hieirdie funksie te privatiseer, want van wanneer af moet belastingbetalers gedwing word om vir dienste te bedel?

Please share this...Email this to someonePrint this pageDigg thisShare on StumbleUponShare on RedditShare on TumblrShare on LinkedInShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on Facebook

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *