Olifantshoek – onderwysers moet ‘n goeie voorbeeld stel

DR ALLEN GROOTBOOM, LPW

DA NOORD-KAAP: PROVINSIALE WOORDVOERDER VAN ONDERWYS

Kinders word as pione gebruik in die voortslepende betoging op Olifantshoek. Daar heers ‘n doodse stilte ten opsigte van onderwysers en opvoeding en wanneer dit kom by kant kies, ondersteun die Demokratiese Alliansie die leerders.

Terwyl die departement kampe vir senior leerders gereël het, kan ons nie help om te wonder wat met leerders in junior grade gebeur nie? Waar is die onderwysers van dié grade?

Ons is bewus daarvan dat leerders en ouers geïntimideer word, maar dit is hoogtyd dat onderwysers by die skool opdaag. Hierdie baie belangrike beroepsmense behoort by die skool te rapporteer. As hulle geïntimideer word, wat glo nie die geval is nie, is dit ‘n ander storie.

Dit blyk dat baie onderwysers nog nie van hulle vakansie na Olifantshoek teruggekeer het nie. Dít is kommerwekkend.

Die DA sal skriftelike antwoorde ten opsigte van die omstandighede rakend die onderwysers sowel as die monitering en hantering hiervan deur die departement, aanvra.

Die DA moedig die gemeenskap van Olifantshoek aan om enige bewyse van wanbestuur deur die munisipaliteit direk na die polisie te neem en kriminele klagtes te l? omdat politieke oplossings om hierdie tragedie te stuit, traaglik misluk. Die DA moedig die gemeenskap ook aan om nie hulle kinders se toekoms vir politiese doeleindes op te offer nie. Die DA het van ons lede in die omgewing gevra om met ouers en leerders gesprekke aan te gaan, waarna ons ‘n voldoende verslag ten opsigte hiervan sal optrek. In tussen wil die DA onderwysers en leerders aanspoor om na hul klaskamers terug te keer.

Please share this...Email this to someonePrint this pageDigg thisShare on StumbleUponShare on RedditShare on TumblrShare on LinkedInShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on Facebook

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *