DA ondersoek sterftes by Bloemhof Gemeenskap Gesondheidssorgsentrum

By Chris Hattingh (MPL), DA Leier in die Noordwes Provinsiale Wetgewer:

Die Demokratiese Alliansie in Noordwes het op Maandag 6 Julie 2015 ‘n terplaatste ondersoek by die Bloemhof Gemeenskap Gesondheidsentrum in Noordwes gedoen nadat daar verskeie klagtes oor die diens en gesondheidsorg sorg ontvang is.

Een van die klagtes spruit uit ‘n voorval waar mnr. Gert Jacobus Pretorius (66) van die dorp weens asemnood dood is. Dit het gebeur terwyl die Ongevalle-eenheid nie suurstof beskikbaar gehad het nie. Mev. Carolien Pretorius, sy eggenoot oorweeg regstappe nadat sy haar lewensmaat van meer as 50 jaar weens versmoring verloor het.

Tydens die DA se besoek aan die hospitaal, die tweede die afgelope maand, is daar bewyse gevind van die radikale agteruitgang van gesondheidsorg in die provinsie.

Van die bevindinge was:

Die voltyds, betaalde mediese dokter wat weeksdae vanaf 7:00tot 16:00 moet werk is glo selde tydens haar normale werk-ure beskikbaar en bedryf glo haar eie praktyk in Markstraat, waar sy pasiënte met mediesefondse spreek.

Die gemiddelde wagtydperk vir ‘n pasiënte is ongeveer 3 ure (volgens statistiek vanaf Maart2015 tot Mei 2015) wat teen die sentrum se kennisgewingbord pryk. Pasiënte word egter met kennisgewings gewaarsku die wagperiode kan tot 4 ure duur.

Daar is ‘n gebrek aan / geen suurstof in die ongevalle-afdeling beskikbaar nie wat moontlik kon bydra tot die dood van mnr. Pretorius.

Daar bestaan ook grootstkaalse verwarring tussen die Gesondheidsorgsentrum en die ambulansdiens op wie die veranwoordelikheid berus om pasiënte na groter mediese fasiliteite af te voer vir spesialissorg. ‘n Man is onlangs dood nadat hy bykans 5 ure, met breinbloeding, in die Ongevalle-eenheid moes lê en wag totdat die dispuut van sy vervoer na Klerksdorp opgelos is.

Slegs twee verpleegpersoneellede was aan diens tydens die DA se besoek terwyl meer as 20 pasiënte op hulp gesit en wag het. Geen dokter was beskikbaar nie.  Dit blyk op personeelafwesigheid ‘n probleem by die sentrum mag wees.

Voorts bedien slegs 4 ambulanse die gemeenskap en omliggende dorpe. Die voertuie se kilometerlesings het deurgaans nagenoeg 300 000km op hul odometers. Die DA vind dit kommerwekkend dat hierdie ambulansdiens die besige, N12, wat ‘n deurgangroete tussen Johannesburg en Kaapstad is, moet bedien tydens motor-ongelukke en ander noodgevalle.

Die DA gaan ‘n verdere in-diepte ondersoek las na gesondheidsorg – veral in kleiner dorpe waar privaatpraktisyns moet inspring om die mense te help terwyl betaalde amptenare laks is. Die aangeleentheid sal ook verder binne die DA se portefeuljekomitee binne die Noordwes Provinsiale Wetgewer aandag geniet.

BloemhofA

Please share this...Email this to someonePrint this pageDigg thisShare on StumbleUponShare on RedditShare on TumblrShare on LinkedInShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on Facebook