Meegevoel vanaf die Demokratiese Alliansie

By Juanita Terblanche (MPL), DA Kiesafdelingshoof, Potchefstroom, Tlokwe:

Die Demokratiese Alliansie in Potchefstroom het met skok en afgryse verneem van die sinnelose voorval waar mnr. Koos van der Leeuw, ‘n beesboer in die Potchefstroom-distrik, Dinsdag vermoor is.

Die DA veroordeel die misdadigers, maar kan nie anders as om die regering mede-verantwoordelik te hou vir voorvalle soos hierdie nie. Hul voorbeeld van totale minagting vir reg en geregtigheid is ‘n direkte oorsaak dat gewone landsburgers oorgaan tot misdadige optrede. Die gebrek aan gevolge vir misdadige optrede is nog ‘n bron tot kommer. Van der Leeuw was ‘n gesiene lid van die gemeenskap wat sy hele lewe spandeer om ‘n aktiewe bydrae tot die land se ekonomie te lewer en werk te skep. Die ANC regering het die stryd teen misdaad verloor en dis duidelik, soos die Marikana-voorval bewys het, dat die in topposte in die Noordwes SAPD se koppe lankal moes rol. Die DA spreek sy meegevoel met die geliefdes, en veral sy vrou Marieta, wat by was tydens die ongelukkige voorval, uit.

Please share this...Email this to someonePrint this pageDigg thisShare on StumbleUponShare on RedditShare on TumblrShare on LinkedInShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on Facebook