Verklaring oor die bedanking van Raadslid Marcelle Maritz

By Jacques Smalle LPW, DA Provinsiale leier:

Die DA Limpopo het gister die bedanking van raadslid Marcelle Maritz van Mogalakwena munisipaliteit aanvaar.

Raadslid Maritz se bedanking volg nadat sy deur die Provinsiale disiplinere komittee ondersoek is vir oortreding van partyreels.

Enige politieke party is welkom om  DA raadslede te op te neem wat DA partyreels oortree en nie ons visie van ‘n oop geleentheidsamelewing deel nie. Die DA is ‘n party met ‘n sterk interne waardestelsel en ‘n  robuuste interne demokrasie.

The DA in Limpopo hou aan om te groei en lok daagliks nuwe lede en raadslede. Net twee weke gelede het 1000 voormalige ANC lede na die DA toe oorlgeloop in Mogalakwena munisipaliteit.

Met duisende nuwe lede wat by die DA aansluit, sal ons nie in die pad staan van enige enkele raadslid wat ons reels oortree en die party wil verlaat nie.

DA raadslid Korny Dekker neem tans waar totdat die vakature gevul kan word.

Die DA bedank ons lede en die kiesers vir hulle volhoue ondersteuning in Mogalakwena munisipalitiet.